Local newsNewsNews

Lipsync-oorlog lok honderde tieners

Leeuloop steeds 'n treffer

VANDERBIJLPARK – Honderde tieners, 291 om presies te wees, het op 10
Oktober by Kompas Gemeente se Toegee Tienerbediening hulself gate uit geniet tydens die jaarlikse Lipsync-oorlog.
Die jeugpredikante Franco Pienaar en Katie Reymers wat mekaar aangedurf het, het die toeskouers laat skaterlag met hulle vertonings. Franco se uitbeelding van Robbie Wessels se gewilde treffer Leeuloop
het aan hom die Lipsync-titel vir 2024 besorg.

Die toeskouers was die beoordelaars en moes hulle gloei-armbandjies op aandrang van die seremoniemeester Danie Bloem aanskakel om te wys wie hulle wou hê moes wen.

Katie Reymers in aksie
Van die tieners wat die funskie bygewoon het.
Lekker tye

Hoewel Katie se items KRS-One se Sound of the Police en Justin Bieber se Baby baie vermaaklik was, het Franco die bal uit die
park geslaan met die Leeuloop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button