Local newsNewsNews

Vaal-bruide genooi om in te skryf

Vaalweekblad nooi plaaslike bruide wat hierdie jaar trou, of reeds die knoop deurgehak het, om aan ons 2024 Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem. Inskrywings is gratis en daar is soos altyd pryse op die spel.

As jy dus reeds hierdie jaar die knoop deurgehak het, wil ons graag jou inskrywing ontvang.

Stuur dus jou mooiste troufoto met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za

Al die inskrywings gaan deurlopend op ons webtuiste verskyn. Die bruidsjaar strek van Januarie tot Desember 2024.

So moenie huiwer om in te skryf nie, ons wil graag met julle spog.

Hier is nog een van die bruide wat reeds foto’s ingestuur het.

Al die inskrywings tot dusver kan besigtig word onder die BRIDES skakel op Vaalweekblad.com – heel bo aan die blad.

Neil en Micaela Beukes van Drie Riviere, Vereeniging is op 18 Mei getroud.
Carina en Jacques Potgieter van Vanderbijlpark is op 5 Oktober getroud.
Kayla en Awie Olivier van Sasolburg is op 5 Oktober getroud.
Milisha en André van Emmenis van Golf Park, Meyerton is op 10 Augustus getroud.
Andrea en Cornelia Sinden van Meyerton is op 28 September getroud.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button