VEREENIGING – Wanneer jy ‘n meester-bootbouer is ontmoet jy baie interessante en bekende mense.
Vra maar vir André van Helsdingen van Sensation Boats.
Hy het vandeesweek die voorreg gehad om aan die Springbokrugbyspeler, Kwagga Smith, sy splinternuwe boot te oorhandig.
Die boot wat volgens presiese voorkeure en spesifikasies aanmekaar getimmer is, is Maandag, 14 Oktober in Drie Riviere by die Albatros Ski Klub
deur die Springboklosvoorspeler uitgetoets.

“Ons het die boot Maandag gelaunch. Kwagga gaan hom nou
vir ‘n week in Richardsbaai toets en dan op 26 Oktober terugbring,”
vertel André.
Volgens André moet die decking wat deur Kwagga
vanuit Kaapstad bestel is, binne die kajuit aangebring word.
“Die boot se naam en decals moet ook aangebring word voordat die finale aflewering kan plaasvind.”
Sensation Boats vier op 26 Oktober sy 30ste bestaansjaar in sy
vertoonlokaal met ‘n vertoning deur die bekende Afrikaanse sanger Bok van Blerk. Kwagga gaan een van die eregaste wees.
