Local newsNewsNews

‘n Lewe vol uitdagings, oorwinnings en kreatiwiteit

VANDERBIJLPARK - Milanka McDonald het in 2018 die Vaal se bekendste Downsindroomlyer geword toe sy haar vierde hartoperasie moes ondergaan. Lees meer oor hoe dit nou met haar gaan.

Nou is sy ‘n jong dame wat in September haar 25ste verjaarsdag gevier het.

“Die operasie in 2018 was suksesvol alhoewel hul nooit 100% die lek sal kan regmaak nie. Ons glo en vetrou dat Milanka nie weer sal nodig hê om geopereer te word nie,” sê ma Tania.

Milanka het ‘n besondere talent om mooi naaldwerk te doen en geniet dit ook om te verf.

“Ons het met ‘n jigsaw Kersfeesversierings ens. uit hout gesny en sy het dit met verfwerk opgetower. So het die produksie vir haar “besigheid” Downsie Liefde die lig gesien,” vertel Tania.

Van die produkte wat by Milanka se Downsie Liefde markstalletjie te koop is.

Stadig maar seker gaan dié projek van krag-tot-krag. “Milanka is baie behulpsaam in die kombuis en wil graag mense bedien met iets wat sy voorberei het…so ons beplan ook ‘n naweek-koffiewinkel onder die appelkoosboom,” vertel Tania opgewonde.

Die McDonalds is baie dankbaar vir die steun wat hulle vanuit die plaaslike gemeenskap kry.

|”Die ekonomie het die markte ‘n knou gegee en mens kan sien mense draai regtig die sente om, maar Milanka geniet die aandag en geselsies van die markgangers en sy deel graag drukkies uit.”

“Down Sindroom bly maar vir Downsie-ouers ‘n reuse finansieële uitdaging. Hul gesondheid vanaf baba tyd verg baie aandag, tyd en finansies wat in meeste gevalle nie altyd beskikbaar is nie,” sê Tania.

Vier pragtige patio-stoele kan gewen word.

Oktober is Down Sindroom-bewusmakingsmaand en as deel daarvan bied Downsie Liefde ‘n kompetisie aan waar een gelukkige wenner 4 pragtige hout patio-gemakstoele ter waarde van R8 000 kan wen.

Die kaartjies beloop R100 per kaartjie of R500 vir ses kaartjies en kan tot middel Desember gekoop word.

Die wenner sal voor Kersfees aangekondig word.

Hierdie fondsinsameling gaan aangewend word om onder andere vir Downsie Liefde ‘n splinternuwe “branded gazebo” aan te skaf en mediese skuld te verlig.

“Indien daar ander plaaslike Downs-ouers is wat met ons wil kontak maak is hulle welkom,” nooi Tania.

Kontak Tania by 084 2505 178 of Cobus by 084 250 2005.

Belangstellendes kan ook Milanka se Facebook-blad: Downsie Liefde besoek.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button