VEREENIGING – Die ritmiese geklap van kastanette en hakskoene van
Compañía Sophia se Flamenco dansers het Saterdagmiddag by Lion’s Creek die gaste tydens die Vereeniging Art Society (VAS) se jaarlikse kunsuitstalling begroet.
Die dag se verrigtinge is deur die voormalige radiopersoonlikheid, Shawn
Deysel, gelei. Van die Vaaldriehoek se top kunstenaars se werke is tydens die
funksie uitgestal.



Tydens die uitstalling is die wenners van die jaarlikse kompetisie aangewys.
Maggie van Schalkwyk het die portretkompetisie gewen met ‘n skildery
van haar seun Felix. Mattie Joubert en Ewald Calitz het onderskeidelik tweede en derde geëindig.
Tydens die uitstalling is sewe kunsstukke verkoop en ‘n verdere vyf
is opgeveil. ‘n Aantal van die skilderye hang nou in die Midvaal hospitaal in
Drie Riviere waar VAS die voorreg het om uit te stal.
