Ons weet wat ons weet – Emmies gesels oor superkragte
As ‘n superheld sou jy eerder wou kon vlieg, baie sterk en vinnig wees, of verdwyn en verskyn wanneer jy wil?
Laerskool Emfulenipark se juniors het hul gedagtes gedeel oor watter superkrag hul sou verkies.
Ricardo du Plessis Ek wil sterk en vinnig wees. As mense vassit onder iets dan kan ek help en as iemand my skiet dan kan ek die bullet vang en dit teruggooi.

Zion Dippenaar Ek wil verdwyn en verskyn en dan verdwyn ek see toe. Maar eintlik wil ek nooit doodgaan nie, want dis lekker op die aarde.

Vian Nortje Ek wil vinnig en sterk wees. Ek sou almal dronk draai en rondgooi.

Mieke Fourie Vlieg, want dis lekker. Ek sal my klein wil maak en dan soos ‘n by vlieg.

Lienke Tredoux Ek hou van vinnig en sterk wees. My ma noem my Lientjiepot, maar dan sal ek Lienke Wonder Woman wees.

Siphesihle Nhlapo Vlieg. As ek soos ‘n superhero vlieg dan kan ek hulle save as hulle siek word. As hulle val, dan kan ek vinnig vlieg en hulle vang.

