Local newsNewsNews

Koerantmense is net anders

Wat gebeur as vorige generasie koerantmense en huidige werknemers bymekaar uitkom?

VANDERBIJLPARK – Die MooiVaal Media kantoor in Vanderbijlpark is die meeste van die tyd ‘n relatiewe stil plek. 11 Oktober was daar egter ‘n gedruis van stemme wat van buite gehoor kon word.

Schalk le Roux was op sy dag ‘n Vaalweekblad joernalis. Hy en die koerant se huidige redakteur, Elsje Vermeulen, het kopstukke gesels. Foto: Gerda Bruinette

‘n MooiVaal reünie. Christa Badenhorst, wat op haar dag onder andere in die voormalige Vereeniging kantoor gewerk het, het met die idee vorendag gekom.

“Dit was tyd dat al die oudkollegas mekaar weer in die oë kyk,” het sy gesê. MooiVaal Bestuurder, Thys Foord, het saamgestem en die res is geskiedenis.

Oudredakteur Hennie Stander, deesdae Karooboer, het ook kom saamkuier. “Ek mis die mense, maar nie die bekommernis van wat gaan op die voorblad wees, gaan alles betyds klaar wees en om te wonder of is die voorbladfoto goed genoeg nie,” het hy gesê.

Voormalige Vaalweekblad redakteur Retha Fitchat saam met Amé van Rooyen. Foto: Gerda Bruinette

Sy sentiment is deur die meeste voormalige personeellede beaam. “Koerantmense is net anders. Ons was soos ‘n familie,” het hulle saamgestem.

Daar is die oggend baie staaltjies gedeel. Van ‘n promosiebylaag wat die baas amper ‘n oorval laat kry het, tot by die rokers wat eenkeer amper ‘n kantoorgebou laat vlam vat het.

Christa het alles mooi saamgevat: “Almal se vingerafdrukke is op mekaar se lewens afgedruk.” Dis duidelik dat daar ‘n hegte band tussen die mense is.

Meeste van die huidige personeel is ook al jare deel van die maatskappy en het dit geniet om weer met ou bekendes te gesels.

Lerato Shale, Madelein Nel, Anna-marie Pienaar, Amé van Rooyen en Anette Mundell geniet een van hul oud-kollegas se staaltjies. Foto: Gerda Bruinette

Voormalige redakteur Retha Fitchat wat steeds uithelp by die aanlyn promosies van die Vaalweekblad en Ster, Anna-marie Pienaar van die verkoopspan en huidige senior redakteur, Elsje Vermeulen het uitgewerk dat hulle al die langste by die koerant is.

Retha het in 1981 ingeval en amptelik in 2020 afgetree, terwyl Elsje al van 1991 deel van die span is.

MooiVaal Media se administratiewe personeel neem ‘n blaaskans tydens die reunie. Foto: Gerda Bruinette

Dankie aan Penny Muller en die res van die administratiewe span vir hul harde werk ter voorbereiding en na afloop van die reünie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button