Local newsNewsNews

Sebokeng-hospitaal nagmerrie

Verpleegsters lag glo as daar vir doeke gevra word

VANDERBIJLPARK – Die 51-jarige Vaaldriehoeker Hettie Vorster is deur
hel by die Sebokeng-hospitaal.

‘n Hartverskeurende video waarin sy in
trane om hulp smeek het groot reaksie uitgelok nadat dit op Rea Thusa/We Help se Facebookblad gedeel is.

In die video word beweer dat sy vyf dae lank sonder enige voeding moes
klaarkom terwyl sy in ongevalle gewag het om opgeneem te word.
“Sy kon nie kos inhou nie en hulle het ook nie vir haar op ‘n drup gesit
nie.

Sy is op doeke en as sy vir ‘n nuwe een gevra het, het die personeel vir haar gelag,” het Vorster se suster Mary-Jane Stroh vertel.

Vorster het in September 2022 ‘n kolostomie-omseilings (bypass) operasie
ondergaan, maar weens komplikasies het sy ‘n ernstige blaasprobleem ontwikkel.

Sy het op 28 September 2023 ‘n skandering ondergaan en sou twee dae later opgeneem word vir ‘n urostomiesak operasie, maar dit is uitgestel omdat daar glo nie ‘n bed vir haar in die intensiewe sorgeenheid sou wees nie.

“Sy is sedertdien op doeke en kan nie eers kerk toe gaan nie. Sy het
geen beheer oor haar blaas nie. Haar menswees en selfvertroue ly daaronder.

My sussie is ‘n positiewe en onafhanklike mens. Om haar so te sien breek mens.” Vorster spook nou al ‘n jaar om ‘n datum vir haar operasie te bevestig.

Haar opname wat vir 30 September 2023, 17 Oktober 2023, 23 Januarie 2024, 28 Mei 2024, 2 Julie 2024 geskeduleer was, is telkens uitgestel.

Na die video deur Virginia Keppler-Young, hoof-uitvoerende beampte van Rea Thusa/We help gepubliseer is, is Vorster na ‘n ander saal verplaas waar sy behandeling kry.

“Dit is net deur God dat ons as Rea Thusa/We Help oorloë vir ons mense teen die gesondheidsdepartement sal wen.

Ons hou Hettie in ons gebede,” het Virginia gesê. Vorster het intussen bloedklonte in haar bene ontwikkel en het helaas ook behandeling hiervoor ontvang met die gevolg dat sy nie enige operasie sal kan ondergaan totdat die toestand verbeter het nie.

Skandeer hierdie QR-kode om die video te kyk

Woordvoerder van die Sebokenghospitaal, Lerato Sedulawesi, het
ontvangs van Vaalweekblad se navrae rondom die saak erken, maar teen
druktyd nie amptelik gereageer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button