Sedibeng T20: Kleurvol en aksiebelaai
VANDERBIJLPARK - Die tiende jaarlikse SPL Krieketreeks vir laerskole krieketspelers het verlede naweek afgeskop. Die reeks strek oor vier naweke in Oktober en November en vind by die HS Transvalia plaas.
Laerskool-krieketspelers van regoor die Vaaldriehoek kry met die reeks die geleentheid om hul kriekettalente op ‘n kleurryke wyse ten toon te stel.
Die reeks is amper soos ‘n mini-weergawe van die gewilde T20 Indiese Premiersliga.
Die reeks bied twee afdelings: o/11 en o/13.
Daar heers ‘n fantastiese gees op én langs die veld en die jong manne lyk spoggerig in hul onderskeie spandrag.

Die voorste boulers van die eerste rondte is:
o/11 – Faffa Derksen (Jaguars) 3/6 in 2 beurte; Kilian du Toit (Beamers) 2/6 in 2 beurte en Christiaan Kemp (Fireball Kingz) en Lehan Cronje (Beamers) albei met 2/10 in 3 beurte.
o/13 – Juhan Nortje (Jaguars) 3/9 in 3 beurte; Rossouw Brits (Casa Roosters) 3/18 in 3 beurte en Reinhard Verster (Strikers) 3/25 in 3 beurte.
Die voorste kolwers is:
o/11 – Duhan vd Bergh (Fireball Kingz) 54*; Rohan Rossouw (Jaguars) 52* en Hugo Jooste (Casa Ravens) en Dillan Gomez (Beamers) albei 50*.
o/13 – Edward Orton (Strikers) 48; Caleph Laubscher (Casa Roosters) 37 en Pieterjan Vorster (Casa Roosters) 34.

