Local newsNewsNews

Tiener reël MS-bewusmaking stap

Leandri (15) reël die spesiale staptog vir haar niggie. Lees meer...

SASOLBURG – Leandri Harmse (15) is ‘n Graad nege leerder aan Hoërskool Sasolburg. Haar grootste droom is om ander te help.

Sy is ‘n introvert, maar wanneer sy op ‘n missie is, dan trap sy uit haar gemaksone en doen wat gedoen moet word.

Rochelle Killian (33) is onlangs met MS gediagnoseer en gaan ook by die stap wees wat deur haar niggie, Leandri Harmse gereël word.

Onlangs is haar niggie, Rochelle Killian van Pretoria gediagnoseer met veelvuldige sklerose (MS). Leandri wou iets doen om bewusmaking te skep en het met Vaalweekblad se hulp kontak gemaak met Rozaan Steyn van MS Hoop.

Rozaan, ook ‘n MS-lyer, het dadelik hul ondersteuning vir Leandri se planne gebied. Sondag, 24 November word ‘n MS-bewusmakings pretstap onder leiding van Leandri by die Emerald Resort en Casino aangebied.

Die groot stap begin om 08:00 en almal word genooi om saam te kom stap. Daar is geen toegangsgeld nie. Rozaan sê hul Potterjasiespaarvarkie sal by die beginpunt wees indien iemand ‘n donasie wil gee.

“Ons gebruik donasies om ander MS-lyers te help met wat hulle ook al benodig.” Leandri se niggie sal ook daar wees.

“Daar is so baie mense wat MS het, maar so min weet wat dit is. Ek wil bewusmaking skep,” sê sy.

Op die dag sal daar T-hemde teen R50 te koop wees en strikkies wat die mense kan dra ten einde hul ondersteuning vir MS-lyers te wys.

Gerrie Hadders van MS-Hoop sê hulle wil deur die stapsessie aan Rochelle bewys dat hulle nog pret het en aangaan al is hulle met MS gediagnoseer.

Gerrie en Rozaan het groot bewondering vir Leandri wat op so ‘n jong ouderdom besluit het om op te staan en ‘n verskil te maak.

MS is ‘n wrede siekte wat mens liggaamlik en emosioneel aftakel, maar hierdie MS-lyers het al oor en oor bewys dat hulle na elke terugslag weer opstaan en aangaan.

Deel 24 November in hul lewensvreugde en wys jou ondersteuning van hierdie dapper mense deur saam te kom stap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button