Local newsNewsNews

Wolf Odin laat sy aanhangers skrik

Odin, een van Belinda Bras-Nel se wolfpak, het almal die skrik op die lyf gejaag Maandag.

VANDERBIJLPARK – Die wolfpak van Belinda Bras-Nel is baie gewild op Facebook. Hulle doen en late lok altyd groot belangstelling uit.

Maandag het almal geskrik toe Belinda ‘n boodskap op haar blad geplaas het dat Odin nie lekker is nie en mense asseblief aan die jong wolf moet dink.

Odin (middel) saam met Fen en Olga weer dol gelukkig na sy veearts-avonture. Odin hou glad nie daarvan om veearts toe te gaan nie.

Boodskappe het van oraloor ingestroom. Teen laatmiddag het almal ‘n sug van verligting geslaag. Odin was okay.

Dr Letitia Swartz van Sasolburg Veearts het hom behandel en vermoed dat hy deur of ‘n spinnekop of ‘n bosluis gebyt is.

Belinda sê Odin het geen simptome getoon nie. Dit was eers toe hy Sondagaand langs haar op sy rug op die bed gelê het dat sy die wond gewaar het.

Odin voel baie beter en is weer sy normale self

Dit het naar gelyk en sy het die wolf Maandag na Dr. Swartz geneem. Teen Dinsdag was hy weer sy normale self en was almal dankbaar dat die bytplek opgespoor is voordat die gif verder versprei het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button