Local newsNewsNews

Mans in pers speedos is Vrydag op die spyskaart

Vrydag 1 November is dit tyd vir die "Groot, brawe, ballsy 2024 Hollard Daredevil Run". Dit beteken die strate gaan pers geverf word ... ook hier in die Vaal.

Hier in die Vaal gaan die brawe manne in hul pers speedos om 17:00 by die Horse & River Pub & Grill,  in Vanderbijlpark wegspring en eindig.

Na afloop van die sowat 3km wedloop, wat teen ‘n stadige pas aangepak gaan word, gaan daar worsbroodjies en ietsie te drinke by Horse & River geniet word.

Dié prettige wedloop bied ‘n waardevolle platform om bewustheid te skep oor mans-kankers.

Een uit ses mans sal gedurende sy leeftyd met prostaatkanker gediagnoseer word, en na verwagting sal hierdie kanker teen 2030 die algemeenste kanker onder mans in Suid-Afrika wees.

Die Hollard Daredevil Run poog om die belang van vroeë opsporing van prostaat- en testikulêre kanker te bevorder.

Die oorlewingsyfer is 95% vir mans wie se prostaatkanker vroeg genoeg opgespoor word.

Die vyfjaar-oorlewingsyfer vir mans wat vir vroeë stadium testikulêre kanker gediagnoseer en behandel word, is meer as 98%.

Ondersteun gerus die manne in pers as jy hulle Vrydag gewaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button