Local newsNews
Vuurwarm aksie te sien by dié byeenkoms!
Hekke open Saterdagmiddag om 14:00 en die wedrenne begin om 17:00.
VEREENIGING. – Motorsport-geesdriftiges, staan nader: Op 2 November gaan daar weer hope aksie wees by Ultimate Outlaws Raceway. Groot opwinding kan verwag word wanneer vinnige voertuie in verskillende klasse kragte meet. Hekke open die middag om 14:00 en die wedrenne begin om 17:00.
Toegang is R50 per persoon. Kinders jonger as vyf kry gratis toegang.
Ultimate Outlaws is op die ou Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- and Boy Louwlaan, Vereeniging. Meer besonderhede oor die byeenkoms is beskikbaar by 082 222 3365.
Foto’s by vorige byeenkomste geneem deur Elsje Vermeulen




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
