Ek sê maar net… Stop, haal asem, die lewe is te vinnig
RUBRIEK - Is nog nie eens November nie en die Kersversierings is uit en 2025 se dagboeke is te koop. Sjoe... dalk moet ons net bietjie asemskep.
RUBRIEK – So ‘n week of wat terug roep die administratiewe span my nader om ‘n foto van hulle te neem. Ek gaan loer om die hoek om te sien waarmee is hulle doenig.
Daar sit hulle en versier ‘n kersboom. Die boom en nog ‘n paar versierings verfraai nou die kantoor net soos jy by die deur instap.
Die matrieks het intussen begin eksamen skryf, nuwe leerlingrade is aangewys en prysuitdelings en jaareindfunksies begin kop uitsteek.
Die mense raak haastig om 2024 se stof af te skud en oor te begin in 2025. Ek het lank terug geleer dat die laaste drie maande van die jaar soms vreeslike, en ander kere, goeie draaie kan maak voordat die Oujaar finaal groet.
Ons wil Oktober te vinnig vat, oor November snel en met oorgawe in Desember inval. Dit is nie hoe die lewe werk nie.
Ons lewe te vinnig. Self is ek altyd op ‘n drafstap. Ryg ek afsprake en onderhoude in soos krale aan ‘n toutjie.
En dan… Dan stap ek op ‘n Maandagoggend na Myse Ford, Mich en sien sy agterste tekkie is pap. Rybaar maar pap.
Die klok is teen my, maar ek het geen ander keuse nie. Stop by die vulstasie om vir hulp te vra.
Hy sê sy naam is John en beduie waar ek moet parkeer. Mich is halsstarrig en weier eers om sy staan op die jack te kry. ‘n Baksteen help.
Die handrem is opgetrek, maar so amper rol hy terug. Ek staan benoud en kyk. Nog ‘n man kom help. Uiteindelik is die ander band op. Ek betaal. Hy glimlag breed.
Dankbaar ry ek en baan my weg na die laerskool. Tyd om met ses juniors te gesels. In my agterkop knaag die finansies, die band en die belastingaanslag wat my weer vir ‘n ses geslaan het.
Die jongelinge kom een vir een in. Gesels lekker. Ek ontspan so bietjie. Dit werk elke week. Vir die halfuur wat ek met die kleinspan gesels vergeet ek ander geite en dinge.
Hulle het altyd ‘n ekstra storie om te vertel. Deel maklik ‘n glimlag en geniet dit as ek hulle afneem.‘n Halfuur in elke week waar die tyd stilstaan en ‘n joernalis weer
