Ons weet wat ons weet… Moet kinders kan kar bestuur?
Dink die jongspan van die Laerskool Eligwa dat kinders toegelaat moet word om te bestuur? Sou hul graag wou?
Hailey Bekker Nee, want dis baie gevaarlik. Ek wil ook nie bestuur nie. Dis nie te lekker nie.

Nicolai Stadler Nee, want as hulle verkeerd ry, sal hulle nie mooi kan sien nie. Ek het al op my ma se skoot gesit toe sy bestuur het.

Leilah Gordon Ek weet van iemand wat al op 8-jaar kar gery het. Hulle moet eerder kar bestuur as hulle groot is. ‘n 8-jaar is nie suppose om kar te ry nie, want hulle is nog te klein.

Zandro Janse van Rensburg Nee, kinders sal die karre rol. Ek weet hoe om te bestuur, my pa het my gister gewys hoe ry jy en watse goete druk mens alles om te kan ry.

Cindi Blignaut Nie so rêrig nie. Dalk is hulle te klein en dan kan hulle nie die motor trap nie of hulle kan nie mooi sien nie. Ek het al geleer ry, maar toe sê my pa, “nee, jy gaan die motor laat omval.”

Malibongwe Khumalo Juffrou hoe oud kinders? As jy jonger as 18 is, kan jy nie kar ry nie. Kan jy nie sien nie, as jy nie die regte lengte is nie. Dan kan jy ‘n ongeluk maak.

