Local newsNewsNews

Genoeg proppies vir vier rolstoele

Vaalpark Primêr se jaarlikse proppie-projek was weer eens 'n reuse sukses.

VAALPARK – Onlangs was daar weer ‘n groot gewoel by die Vaalpark Primêre Skool. Van oral het motors gestop en sakke en sakke vol plastiese proppies, doppies en broodsakkieknippies afgelaai.

Om plastiese doppies en proppies in te samel is al vir die meeste van die skool se leerders tweede natuur.

Mackenzie Roux Gr3

Maruche en Ruardt Herbst het hierdie jaar saamgespan en al hul familie en vriende aangemoedig om te help insamel.

Verlede jaar het Ruardt 13 000 ingesamel en die jaar het hy met Maruche, wat nou in graad een is, se hulp 40 000 proppies ingesamel.

Die skool se skakelbeampte, Charmaine Kriek het laat weet: “Ons leerders en gesinne het vanjaar weer gewys hoe belangrik herwinning is.

Mia-Cara Kunneke, Emma Brouwer, Milan Loots, Lea du Plessis en Darius van Deventer het gehelp om die baie doppies te weeg.

“Mieke Jansen van Rensburg was ons top-insamelaar met ‘n ongelooflike 188kg doppies, en haar klas is ook aangewys as die wenklas met ‘n totaal van 204.4kg doppies en 1.2kg broodsakkie-knippe.

Altesaam het Vaalpark Primêre Skool 1 774.66 kg doppies en 18.4kg knippe ingesamel, wat byna vier rolstoele vir behoeftige mense moontlik maak.”

Lihan Crous is baie trots op al die proppies wat hy ingesamel het.

Alles word vir die Sweetheart Foundation geskenk. Vir elke 450kg doppies en 50kg broodknippies wat herwin word, kan die Sweetheart Foundation ‘n rolstoel aan iemand in nood skenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button