Local newsNews

Inwoners reeds siek weens rioolstorting

‘n Dringende beroep word op die Metsimaholo Munisipaliteit gedoen om die storting te stop.

 

Inwoners van Waterkantstraat in Sasolburg is baie besorgd oor ‘n stroom rou riool wat al etlike dae uit ‘n mangat in hul omgewing uitborrel. Dit is langs die Leeuwspruit en loop dan direk in die spruit in, van waar dit na die Vaalrivier stroom.

Die reuk is ondraaglik en inwoners van die gebied rapporteer dat daar reeds verskeie inwoners (veral kinders)  is wat maagkrampe, diarree en naarheid ondervind. DA-raadslid Frans Van der Merwe het die rioolstorting by die munisipaliteit aangemeld en munisipale werkers het intussen kom kyk, maar niks is nog gedoen om die blokkasie oop te maak nie.

Volgens inwoners is dit nie ‘n nuwe probleem nie. Dit is al meer as ‘n jaar dat rou riool gereeld by dié mangat uitborrel. Inwoners doen ‘n beroep op die munisipaliteit om dringend aandag aan die probleem te kom gee.

Die mangat in Waterkantstraat, direk langs die Leeuwspruit, waar rou riool uitborrel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button