Local newsNewsNews

Sensation Boats vier 30ste bestaansjaar

Tweeling-broers gaan van krag tot krag ongeag disleksie

MEYERTON – Klein begin, groot gewin.

Dis hoe die Van Helsdingen-tweeling Riaan en André van Helsdingen Sensation Boats van feitlik niks tot ‘n internasionale handelsmerk opgebou het.

Om na 30 jaar, bote aan 21 lande ter wêreld te verskaf is inderdaad ‘n
ontsagwekkende prestasie wat meer as net ‘n klop op die skouer verdien.
Volgens André-hulle het alles in 1992 begin toe hulle ‘n boot by Mike
Friedman van Lindeberg Marine gekoop het.
“Ons het nie geld vir die sleepwa gehad nie. Dit het ons toe gedwing om
ons eie sleepwa te maak. Met dit het Lindeberg Marine sleepwaens by
ons begin koop,” vertel André.

Volgens hom het Peter Lindenberg 50% aandele in hul besigheid vir ‘n skamele R50 000 gekoop, maar is later uitgekoop met die einste boot wat André en Riaan nog by die bank moes afbetaal.
“Ons het toe geen boot gehad nie en ek het besluit om die Fantasy
boot te bou.

Ons het hom toe begin ontwikkel en vroeg in 1994 die laaste
afronding onder ‘n afdak by Linderberg Marine gedoen.

Tadaaa! Daleen, Dewan en André van Helsdingen glimlag breed nadat die kulkunstenaar Johan Yssel sy grootste toertjie van die aand gedoen het.

Ons eerste boot is by die Vaalskou aan Herman Steyn verkoop.

Ons het die boot na vier of vyf jaar ingeruil en ek het hom gehou.

Die boot het eintlik gestaan en vergaan toe ek besluit
het om hom te restoreer,” vertel André.

Sensation Boats het op Saterdag, 26 Oktober in sy reuse vertoonlokaal sy 30ste bestaansjaar met styl gevier toe meer as 450 gaste die spoggeleentheid bygewoon het.

Die maatskappy se eerste boot is deur die kulkunstenaar, Johan Yssel, op die verhoog ter verskyning gebring om sy gloriedae te herleef.

Buiten die magiese vertoning het Jezelle, Caitie Rock en Bok van Blerk se vertonings die gaste se voete laat jeuk.

Van Blerk stap al ‘n lang pad saam met die Van Helsdingentweeling en hy is ook die persoon wat Sensation Boats aan die die Springboklosvoorspeler,
Kwagga Smith, voorgestel het.

Smith het onlangs ‘n boot by hulle laat bou en was ook deel van die aand se
feesviering.

Johan YsseL in aksie.
Karlo Steenkamp (links) en Diandro Botha geniet hulle gate uit tydens Bok van Blerk se vertoning.
Soveel geskiedenis en nostalgie in een foto. André van Helsdingen (heel links) en sy broer Riaan (heel regs) saam met Elsie en Herman Steyn wat die eerste boot wat die tweellingbroers van Sensation Boats vervaardig het, gekoop het. By hulle is Mike Frieddman wat destyds by Linderberg Marine ‘n boot aan die tweeling-broers verkoop het wat die hele bootbousneltrein aan die gang gesit het. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Jizelle sing uit volle bors.
Lekker applous.
Jordan Rock word saam met sy Springbokheld Kwagga Smith afgeneem.
Bok van Blerk en sy band in aksie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button