Local newsNewsNews

Hospitaal gee prioriteit aan operasies wat lewens red

Sorg by staatshospitale wek steeds kommer

VANDERBIJLPARK – Die Gauteng Gesondheidsdepartement het by monde
van Motalatale Modiba, hoofdirekteur van Kommunikasie, reageer op aantygings wat teen die Sebokeng-hospitaal gemaak is.

Vaalweekblad het verlede week berig dat ‘n 51-jarige pasient Hettie Vorster swak behandeling ontvang het en vyf keer sedert 2023 weggewys is nadat haar urostomiesak-operasie uitgestel is.

Sy het sowat drie dae in ongevalle deurgebring waartydens sy glad nie
kon eet nie en ook nie op ‘n drup gesit is nie.

Hettie Vorster 

‘n Video wat op Rea Thus/We Help se Facebookblad geplaas is waarin sy smeek vir behandeling het soos ‘n veldbrand versprei.

Sy is intussen na ‘n algemene saaloorgeplaas waar die sorg volgens haar
baie beter is. “Volgens die hospitaalrekord het sy die nodige behandeling ontvang.

‘n Drup word slegs toegedien as dit voorgeskryf word en in haar geval is dit nie voorgeskryf nie.”

In verband met die operasie wat keer op keer uitgestel is, het die
gesondheidsdepartement so reageer: “Die hospitaal gee prioriteit aan
operasies wat lewens red daarom is haar operasie uitgestel.”
Volgens Vorster het die mediese personeel in ongevalle vir haar gelag as
sy vir ‘n skoon doek gevra het.

“Negatiewe ingesteldheid van personeel kan nie geduld word nie. As hierdie voorval waar is, vra die departement om verskoning.

Ons wil pasiënte aanmoedig om altyd sulke voorvalle onmiddellik by die kwaliteitbeheerkantoor of fasiliteitbestuurder aan te meld.”

Volgens Vorster, wat tans behandeling vir bloedklonte in haar bene kry, is sy baie tevrede met die behandeling wat sy tans in die algemene saal ontvang.

“Die swelling in my bene is besig om te sak en ek gaan binnekort vir ‘n
ultrasound scan. In die saal het ek geen klagte nie.

Hier’s elke dag ‘n dokter. Dinge vorder stadig maar seker elke dag,” het sy vanuit die hospitaal via ‘n
stemnota laat weet.

Volgens die departement is die I Serve With a Smile Campaign geloods om personeel se ingesteldheid te verbeter en beter verhoudinge met pasiente te kweek.

Daar is ook ‘n tolvrye nommer 0800 203 886, e-pos adres: patientcomplaints.health@gauteng.gov. za en ‘n sms-lyn 35023 wat gebruik kan word om klagtes aan te meld.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button