Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet…

Laerskool Totius se juniors dink bietjie oor die jaar wat verby is, wonder oor hul toekoms en of hulle soet is?

Jasmine Mothibeli Ek is ‘n darling in die klas. Ek is nou in graad 3. Volgende jaar gaan ons baie werk en swaar tasse hê. Eendag gaan ek ‘n juffrou word. Ek gaan kwaai wees.

Jasmine Mothibeli

Lungile Nhlapo Ek dink ek is soet, ek wil wees, maar my maatjies maak my praat in die klas. As ek oud is gaan ek nie werk nie. Na skool gaan ek ‘n sjef word. My Ma kan kos kook en sy gaan my leer.

Lungile Nhlapo

Davy Petzer Ek is bietjie soet by die huis en baie soet by die skool. Ek gaan ‘n polisieman word wat na dinosaurs kyk. Partykeer is ek baie slim en dan werk ek vooruit.

Davie Petchel

Benjamin Nienaber Ek hou so bietjie van skool en so ‘n bietjie nie. Ek is soet. Ek weet nie wat ek gaan word nie. Ek wil nie nou al daaraan dink nie. Ek wil nog ‘n kind wees.

Benjamin Nienaber

Zayden Brümmer Ek geniet skool en is soet by die huis en by die skool. Ek hou van sport en oefen hard vir hoogspring, verspring en gewigstoot. Ek weet nie wat ek eendag wil word nie.

Zayden Brummer

Justene Martincich Ek is soet by die huis en die skool. Eendag wil ek ‘n balkie hê en ‘n prefek word. As ek groot is wil ek ‘n ma wees met vyf kinders. Twee boeties en drie sussies en een sussie gaan stout wees.

Justene Martincich

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button