Local newsNewsNews

Onse Lion Jay maak opslae

Leon Jacobs of Lion Jay sing sy weg na nuwe hoogtes.

VEREENIGING – Die Vaaldriehoek is trots op een van ons sangers, Lion Jay (Leon Jacobs) wat twee toekennings by die SA Country Music Association/ Foundation (SACMAF) verower het.

Die een was vir sy duet saam met Country diva, Caroline du Preez. Die duo het You don’t bring me flowers anymore saam opgeneem met groot sukses.

Leon Jacobs (Lion Jay) met die twee trofees wat hy by die SACMAF toekenningsaand verower het. Foto’s verskaf deur Lion Jay

Dan het Leon ook die trofee ontvang vir beste album van die jaar vir sy Country Feelings album. Dié toekennings het nog skaars hul sit op sy rak gekry en hy stel ‘n nuwe album bekend.

Op 8 November is Country From my Heart landswyd vrygestel op al die sosiale platforms.

“Ek laat ook ‘n beperkte aantal CD’s druk en natuurlik sal die album op geheuestokkies te koop wees. Mense kan die album op my Facebookblad bestel en dit sal by my vertonings beskikbaar wees,” sê Leon.

Die nuwe album bevat ‘n kombinasie van klassieke Country treffers, meer moderne Country musiek en vier oorspronklike snitte.

Twee van dié is deur Frank van Doorene geskryf en dan het Leon ook twee van sy eie liedjies opgeneem.

“Ek het Love Country Dance en Country Love Song self geskryf,” vertel hy trots. Intussen het sy jongste enkelsnit, I will never find somebody like you, binne twee weke die 10 000 luistermerk op Spotify verbygesteek.

Sy liedjie The end of the line boer al geruime tyd op IFM 102.2 se SA Country Top 10 en is tans in die vierde plek.

Sy treffer Lay your head kuier op nommer nege van Wêreld Onbeperkte Musiek/World of Music (WOM) se treffersparade.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button