Tyd word min om in the skryf
Dit is die laaste week voordat inskrywings vir Vaalweekblad se The Incredibles: Matriekafskeid-kompetisie 2024 sluit.

Verskeie spogpryse is vanjaar op die spel, soos ‘n bootrit op die Aqua Lounge, verblyf in die Emerald Resort Hotel, asook ‘n fotosessie met ‘n professionele fotograaf.
Matrikulante van die Vaaldriehoek kan hul afskeidfoto’s tot 15 November inskryf.
Onthou dan om jou vriende en familie te vra om van 22 tot 29 November vir jou foto te stem.
Die top 20 foto’s wat die meeste aanlynstemme kry, sal daarna in Vaalweekblad gepubliseer word. Die wenner en twee naaswenners sal in Januarie 2025 in Vaalweekblad aangekondig word.
FOTO’S
Foto’s kan van ‘n individu óf n gesamentlike paartjie wees, en kan gesig- of vollyffoto’s wees maar kan net onder een se naam ingeskryf word.
Dus moet elkeen op die foto self inskryf om vir die pryse te kwalifiseer.
