Local newsNewsNews

Baba Hanru – Tweede operasie dalk nodig

Baba Hanru se groot operasie is verby, nou word daar gehoop dat 'n tweede een vermy kan word

VANDERBIJLPARK – Hanru Smit is net vyf maande oud, maar in sy kort lewetjie het hy al baie pyn ervaar.

Sy ma, Verna Laurens, moes ‘n noodkeisersnee ondergaan en Hanru het sy eerste dae in die neonatale hoësorgeenheid deurgebring.

Hanru saam met sy ma, Verna in die hospitaal.

Die antibiotika, deur sy naelstring gevoer, en die 100% suurstof waarop hy toe was, het gewerk en hy is ontslaan.

Drie maande later het sy ouers besef iets is nie pluis met Hanru se geslagsdele nie. Daar was swelling voor en agter wat al hoe erger geword het.

‘n Uroloog het Hanru met hydroceles en spermatoceles* gediagnoseer. Nadat sy ouers self ingespring het om geld in te samel (by die R44 800) en ook ‘n noodkreet in Vaalweekblad gerig het, kon Hanru ‘n noodsaaklike operasie op 4 November in ‘n privaat hospitaal in Vereeniging ondergaan.

Alhoewel Hanru baie seer het, is die dokter tevrede dat die operasie suksesvol was. Verna het 5 November laat weet Hanru is ontslaan.

Groot eina, maar steeds rustig. Hanru Smit is ‘n dapper baba.

Die enigste probleem is dat sy geslagsdele ‘n bietjie bloed opgebou het.

“Ons sien die dokter weer 13 November en dan moet ons dit ses weke kans gee en weer teruggaan, indien dit nie beter raak nie moet hy oor ses maande weer ‘n operasie kry waar hulle dan sy linker privaatdeel moet verwyder.

“Ons wil net dankie sê vir almal se gebede en boodskappe en vir die donasies wat ons gekry het. Ons wil ook dankie sê vir jou en Vaalweekblad dat julle ons seuntjie se storie vertel het,” het Verna laat weet.

*’n Hydrocele is ‘n versameling vloeistof in die skrotum, wat die testikel omring. Spermatocele is soortgelyk aan epididimale siste en ontstaan in die agterkant van die testis. Dit druk die testis vorentoe en af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button