Local newsNewsNews

Hin hin hin: Aksie by Ultimate Outlaws

VEREENIGING - Roos jou doring! Slegs 'n week nadat hy die Vaal se naam gestand gedoen het in die Kaap, het Jacques Roos vir pure plesier in die Sprints gesorg toe hy by Ultimate Outlaws wéér die wenvlag gevat het.

Die voorlaaste byeenkoms van die jaar is op 2 November by Ultimate Outlaws gehou.

Daar was lekker opwinding in al die klasse, maar toe die Sprint-motors hul verskeining op die baan maak het die adrenalien in toeskouers se are begin borrel.

Die Vaal spog met ‘n paar helde in dié klas wat natuurlik Jacques Roos, Andries Marx en Izak Spies insluit (elk met hul getroue aanhangers).

Marx het die eerste uitdun gewen, maar daarna het Roos oortuigend die tweede uitdun gewen en so ook die finaal om as die wenner van die aand gekroon te word.

Marx het die algehele tweede plek ingeneem en Spies die derde plek.

Die wenvlag wapper terwyl Jacques Roos oor die wenstreep jaag. Foto: Elsje Vermeulen

“Dit was lekker om in die Kaap te gaan jaag. Ek het nog nooit voorheen daar deelgeneem nie,” het Roos aan Vaalweekblad vertel.

Die byeenkoms in die Kaap was by Cape Helldrivers gehou. In die eerste uitdun het Roos in die laaste posisie (12e plek) weggespring, om derde te eindig.

In die tweede uitdun het hy in die tweede plek weggespring en eerste geëindig, en so ook in die finaal om as die algehele wenner gekroon te word.

Die Sprint-jaers sal op 7 Desember tydens die laaste byeenkoms van die jaar by Ultimate Outlaws, teen twee Amerikaanse jaers te staan kom.

Petrolkoppe word aangeraai om nie op dié aksie uit te mis nie. Daar word vuurwerke verwag, letterlik en figuurlik.

Uitslae van Saterdag se byeenkoms is:

Junior Develoment

1. Willliam Budler, 2. Matthys van der Merwe en 3. Ruaan Erwee.

StockRods

1. Waldi Henning, 2. Morné Thomas en 3. JJ van Niekerk

1660cc

1. Alexander Thesner, 2. Jonathan Thomas en 3. Hansie Havenga

2L Hotrods

1. Waldi Henning, 2. Chris Benecke en 3. Riaan van Dyk

Hotrods

1. André Johnson, 2. Amos Cockeran jr. en 3. Frankie Paiva

Willliam Budler waai vir die toeskouers tydens die optog voor die begin van die wedrenne. Hy was die wenner in die Junior Development-klas. Foto’s: Elsje Vermeulen
Een van die jaers het nog voor die aanbreek van wedrenne probleme ondervind.
Izak Spies in aksie in die Sprints.
André Johnson in aksie in die Hotrod-klas.
Ruaan Erwee het die algehele derde plek behaal in die Junior Development-klas.
Hansie Havenga van Vanderbijlpark tydens die optog voor die aand se aksie begin het.
Die jaers wuif vir die toeskouers tydens die optog.
Johnny Archer maak gereed vir die StockRods se tweede uitdun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button