Local newsNews

Klein kankervegtertjie weer in hospitaal na terugslag

"Ek weet so baie mense bid vir Joshua en ons is so dankbaar. Ek wil net vra dat julle asseblief sal aanhou om vir hom te bid," versoek sy ma.

 

VANDERBIJLPARK. – Dit gaan die afgelope paar dae nie goed met die kankerlyertjie, Joshua van Niekerk, nie. Volgens sy ma, mev. Chanél van Niekerk, het hy ‘n paar dae terug erg begin braak, wou niks eet of drink nie en het bloed in sy stoelgang gehad. Hy is weer in die hospitaal opgeneem weens dehidrasie en ‘n vermoedelike virus.

Chanél het oor die naweek dié roerende boodskap op Facebook geplaas:  “Dit gaan nie so goed vanaand nie, hy het hoë koors en bloeddruk en lae suurstof wat al laer gaan. So hulle het hom op suurstof gesit want hulle is bang vir wanneer hy diep slaap met sy suurstof wat bly sak😔 hy huil konstant want dit is vir hom so ongemaklik 😭💔 Ek weet so baie mense bid vir hom en ons is so dankbaar. Ek wil net vra dat julle asb sal aanhou vir hom bid🙏😭💛 My kind verdien nie die nie, geen kind doen nie. En ek as mamma is so gebroke😭💔 so Here vanaand smeek ek U, ASB! Wees saam met Joshua, beskerm hom, help hom veg teen alles wat hom eina maak. Laat elke liewe “gogga” uit sy lyfie uit verdwyn. Ons vertrou in U en weet dat U al een is wat hom kan beter maak. ASB😭🙏 Ek kort my happy gesonde baba lyfie terug 😭🙏💛🎗

Buiten die diepe kommer oor Joshua se gesondheid, is sy ouers ook bekommerd dat hulle nie genoeg geld gaan hê vir sy voortgesette behandeling nie. Mense wat Joshua en sy ouers geldelik wil ondersteun, kan ‘n inbetaling doen aan: Joshua B. van Niekerk, Bank: FNB, Rekeningnommer: 63116517187, Verwysing: (Skenker se selnommer). 

Vriende van die gesin het ook met ‘n insamelingsprojek begin deur seevakansies te borg, waarvoor mense lootjiekaartjies kan koop. Lees meer daaroor by hierdie skakel:  https://www.facebook.com/groups/1439418690078748/permalink/1469981933689090/?rdid=UvEUDZOOCxvj7foH&share_url=https%3A%2F%2Fwww.facebook.com%2Fshare%2Fp%2F14Zy7SwQdx%2F#

 

 

Lees Vaalweekblad se vorige berig oor Joshua by hierdie skakel: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2024/10/11/ouers-pleit-vir-gebede-vir-klein-joshua/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button