Local newsNewsNews

Eerste treë na meer as jaar na fratsongeluk

VANDERBIJLPARK - "Dankie dat pa nie opgee nie ek weet hierdie journey is lank en moeilik en emosioneel." So gesels Bernadine Muller oor haar pa Herman Putter, wat na meer as 'n jaar na 'n frantsongeluk vir die eerste keer 'n paar treë gegee het.

“Dis ‘n roller-coaster maar pa is ‘n fighter en ‘n voorbeeld vir ons wat soms met ‘n wit brood onder die arm kla.”

Dit is Bernadine se boodskap aan haar pa Herman. wat verlede week vir die eerste keer weer ‘n paar treë geloop het, sedert hy meer as ‘n jaar gelede ernstige brandwonde opgedoen het.

“Ons wil elkeen bedank wat ons gedurende die afgelope 13 maande ondersteun het. Dankie vir elke gebed en bydrae tot my pa se mediese onkoste.”

Daar lê egter steeds ‘n lang pad na herstel vir Herman voor en die mediese koste vir die sorg wat hy by ‘n rehabilitasiesentrum kry is duur.

“Moet asb. nie ophou om ons te ondersteun nie. My pa doen regtig baie goed en ons is so dankbaar.

“Ons wil hom graag nog in die rehab hou. Hulle help hom so ongelooflik baie daar en hy’s so opgewonde oor elke dingetjie wat hy beter doen of reg kry vir die eerste keer,” vra Bernadine.

SUB ACUTE 360-rehabilitasie-eenheid

Herman se goeie vordering het momentum begin kry toe sy mediese fonds toestemming gegee het dat hy vir ‘n paar weke in Sub Acute 360, die nuwe rehabilitasie-eenheid in Vanderbijlpark, opgeneem mag word vir terapie.

By die sentrum is gevind dat weens die erge brandwonde, daar kontrakture (harde littekenweefsel wat maak dat ledemate baie moeilik kan beweeg) aan Herman se arms en bene is.

Na vyf weke van intense, daaglikse oefeninge en terapie het Herman op 23 Oktober sy eerste tree met ‘n loopraam gegee.

Herman Putter van Vanderbijlpark het onlangs vir die eerste keer in meer as ‘n jaar ‘n paar treë geloop.

Dit het baie emosie ontlok. Herman se vrou en kinders was in trane en die personeel in ekstase.
“Ek kon eintlik self nie glo dat hy weer kon loop nie. Ons prys die Here en gee alle eer aan Hom vir hierdie genade,” was Herman se reaksie.

Hy het egter ten minste nog ses weke van hierdie intensiewe, daaglikse terapie nodig om sy “eerste treetjie” in ‘n flink stappie te verander.

Die mediese fonds se bydrae is nou uitegeput en Herman-hulle het nie meer self, na ‘n jaar van baie ekstra mediese kostes, die finansies om met hierdie daaglikse intensiewe terapie voort te gaan nie.

Uitdaging aan die gemeenskap

Om die rede het Michael Redelinghuys van Sub Acute 360 die gemeenskap uitgedaag. Vir elke dag wat die gemeenskap aan Herman skenk, sal hy ‘n dag in die rehab skenk.

Die gemeenskap kan Herman help deur sy Back-a-Buddy fonds te ondersteun. Elke bydrae, groot of klein, gaan ‘n verskil maak aan Herman en sy familie se lewens.

Herman het ernstige brandwonde aan sy bene opgedoen.
Klik op die skakel om Herman se fonds te ondersteun. Enige bedrag, groot of klein, sal opreg waardeer word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button