Local newsNewsNewsSport

Ratels klop Vanderbijlpark én hitte

2 November het Vanderbijlpark 1 en die Ratels mekaar op die krieketveld aangevat.

VANDERBIJLPARK – Die naweek se hittegolf kon nie die Ratels en Vanderbijlpark Krieket Klub se eerstespan se entoesiasme demp nie.

Die twee spanne het mekaar Saterdagmiddag in ‘n Sedibeng Eerste Liga wedstryd aangedurf.

Gerhard Smit moker ‘n bal grens toe.

Met 20 boulbeurte tot elke span se beskikking het die spelers behoorlik uitgehaal en die rooi bal kort-kort grens toe gedryf.

Soms selfs in die bosse in en dan moes die veldwerkers eers op ‘n soektog gaan. Die Ratels het eerste gekolf en 161/4 aangeteken.

Hul beurt is geanker deur ‘n goeie vennootskap tussen WL Fourie (50* van slegs 52 balle) en Nathan Bezuidenhout (21* van 16 balle).

André Olivier van Vanderbijlpark maak reg om te boul. Hy het later 60 lopies van 48 balle geslaan.

Vanderbijlpark se HJ Warrington het hulle laat les opsê en vyf paaltjies vir slegs 35 lopies ingeoes.

Net voordat Vanderbijlpark se kolfbeurt aangebreek het, het ‘n los bui reën almal onder die dak laat inskarrel.

Nathan Bezuidenhout maak reg om nog ‘n bal aan te vat. Hy het 21* lopies vir die Ratels aangeteken.

Dit was egter gou verby en die spel kon voortgaan. Alhoewel Vanderbijlpark hul bes gedoen het, kon hulle nie die verlangde telling in die 20 boulbeurte kry nie en moes met 139/6 tevrede wees.

André Olivier (60 van 48 balle) en Gerhard Smit (51 van 47 balle) het vir Vanderbijlpark met die kolf geskitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button