
VANDERBIJLPARK – Meeste sterflinge skraap gewoonlik net-net op hulle nerwe deur skool, maar nie
ElbIe Venter nie. Die jong Hoekie laat slim mense dom lyk. Sy is onlangs tydens die Hoërskool Driehoek se prysuitdeling as die Duxleerling aangewys.
Dit volg nadat sy van graad agt tot 12 met ‘n akademiese gemiddeld van 89.05% spog.
Sy is ook vanjaar as die Beste Akademiese Presteerder vir Graad 12 aangewys.
Sy het oor die jare verskeie vaktrofeë verwerf en keer op keer ook erekleure.
Haar gemiddeld vir die onderskeie jare is: Graad 8 (93%), Graad 9 (92%), Graad 10 (89%), Graad 11 (85%) en Graad 12 (90.14%).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
