Local newsNewsNews

Pret in pers vir ‘n goeie doel

Elke jaar sorg die Daredevil Run vir baie lag, maar ook stof tot nadenke.

VANDERBIJLPARK – Laatmiddag op 1 November het ‘n ietwat vreemde groep by The Horse and River saamgedrom.

Die vroue het foto’s geneem en die manne (van oupas tot by babas) het in pers speedo’s geparadeer.

Jaco van der Berg probeer vir Koos du Plessis optel… ingeval Koos nie die langafstand kon maak nie.

Die geleentheid was die jaarlikse Hollard Daredevil Run. Hierdie groep dapper manne was deel van duisende wat landswyd ‘n draf/stap onderneem het met net die pers speedo’s aan. Alles ter bewusmaking van prostaat- en testikulêre kanker.

Vooraf het die manne grappies gemaak, geskerts en baie gelag. Tog was elkeen bewus van die erns van die saak. Twee van die manne, Patrick O’Reilly en Gielie Schoeman het die oorlog teen kanker gewen.

Oupa Flip Jansen en sy kleinseun Reinhard Frits.

Gielie sê hy is nou al twee jaar skoon en hy het sy I’m a survivor. No one fights alone-plakkaat met trots gedra.

Die manne het net na 17:00 hul tog begin en sowat 40 minute later het hul weer hul verskyning van die anderkant af gemaak terwyl hul luidkeels gesing het.

Hierdie was die 15de Daredevil Run. Volgens Allistair Khanyi van Hollard het wildbewaarders in die Nasionale Kruger Wildtuin vir ‘n derde agtereenvolgende jaar ook deur die park gehardloop.

Gielie en Joey Schoeman. Gielie het twee jaar gelede die kanker ore aangesit.

Prostaatkanker: Een uit elke ses mans word geraak. Daar word voorspel dat prostaatkanker teen 2030 die algemeenste kanker onder mans in Suid-Afrika sal wees. Indien prostaatkanker vroeg opgespoor word, is die kanse vir oorlewing 95%.

Testikulêre kanker: Kom nie so algemeen voor soos prostaatkanker nie. Een uit elke 250 mans kan dalk testikulêre kanker kry en dis die algemeenste kanker onder jong mans tussen 15 en 35. Sou dit betyds opgespoor word, is die kanse vir genesing 98%.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button