Local newsNewsNews

Sondagmiddag-kuier met Tommy Dell

'n Fotobeeld van 'n middag saam met Country legende, Tommy Dell.

VEREENIGING – Die onlangse hittegolfs is onlangs verdryf deur Country-klanke by Tuscany Inn in Unitaspark.

Lekker om te sien hoe Country musiek oor generasies geniet word. Van links is Monique, Wallie en Taynique Cloete saam met Letia en Kokkie Theunisson.

Vir ‘n paar uur het almal vergeet van die kraaie wat buite gaap, die slaggate in die pad en die droogte.

Tuscany Inn se eienaars, Elaine en Hennie Labuschagne, het ook die vertoning geniet

Een van Suid-Afrika se bekendste Country legendes, Tommy Dell, het vir vergeet-van-alles-en-sing-saam vermaak gesorg.

Country legende, Tommy Dell, saam met Shirley Labuschagne.

Tommy (82) is al 64 jaar deel van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy het dit reggekry om die gaste te laat lag, te laat saam sing en selfs dans.

June en Jürgen Webers maak litte los op die dansbaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button