Ons weet wat ons weet
Skool en sport hou die jongspan besig, maar wat doen Laerskool D.F. Malherbe se juniors as hul die slag wil ontspan?
RC du Plooy Om met my blokkies te speel. Ek het 15 blikke vol Lego’s. Ek hou ook daarvan om die jungle, monstertrokke, ‘n padda, krokodil en verkleurmannetjie te teken. Krokodil is my gunsteling reptiel.

Ruben Zietsman Ek hou van buite speel en met my karretjies en op die monkey bars te klim en die swing slide. My ma sê as ek te veel TV kyk, gaan my oë vierkantig word.

Casper Badenhorst Buite speel en rugby en hokkie. As ek regtig niks het om te doen nie, kan ek net op die bed lê. Ons gaan kamp ook baie. Ek was al in Australië en het daar Koalas en kangaroes gesien.

Charmoné du Plessis Swem. Ek hou baie van swem en om buite op die trampolien te speel. As dit reën kyk ek ‘n movie of verf en teken.

Johan van Dyk Ek speel saam met my sussie of my boetie. Ons gaan kuier en speel buite en swem. Soms teken ek.

Bea Halvorsen Ek swem, maak nie saak of dit koud of warm is nie. Ek speel eerder buite met my maatjies as binne. Ek het baie Barbies en alles van ‘n Barbie huis tot by ‘n trok en ‘n vliegtuig.

