Local newsNewsNews

Vier generasies vier ouma se 100ste

Ouma Meisie is nog op en wakker op 100!

VEREENIGING – Donderdag, 24 Oktober was ‘n ekstra spesiale dag vir Meisie (Schoeman) van Tonder. Dit was die herdenking van haar geboortedag ‘n 100 jaar gelede.

Vir die dag het haar familie haar by die Aandblom Versorgingsoord kom haal om ‘n feestelike tyd saam met hulle te spandeer.

Lyzette Mong saam met haar ma Meisie (Schoeman) van Tonder op haar ma se 100ste verjaarsdag.

“Die feesvieringe het eintlik ‘n paar dae vroeër begin toe ek my ma gaan haal het om die erediens by NG Drie-Riviere Oos te kon bywoon,” vertel Ouma Meisie se enigste dogter, Lyzette Mong.

y sê haar ma se gesondheid is baie goed en dat sy geen medikasie gebruik nie. “Sy drink nie eers ‘n vitamien-pil nie.”

Meisie is in 1924 in die Noord-Kaap gebore. Anders as die meeste van haar tydgenote, het sy nie net matriek geslaag nie, maar ook ‘n graad in huishoudkunde voltooi.

Nadat sy met Casper Schoeman getroud is, het sy Vereeniging toe getrek. Casper was van Vereeniging en het Fuchs besit.

Die egpaar het drie seuns en ‘n dogter gehad. Al drie seuns het soos hul pa elektrisiëns geword. ‘n Ernstige motorongeluk het egter Christo se lewe geeis en Meisie in ‘n koma gelaat.

“My ma moes na die ongeluk weer leer loop, maar sy het net aangehou. Binne drie jaar na die ongeluk het sy onder andere spyseniering gedoen, ‘n koffiewinkel in die ou Vereeniging Hospitaal bedryf, plus die OK Basaars kantien en die Riviera Country Klub bestuur,” vertel Lyzette trots.

Meisie was ook dosent by die voormalige Vaaldriehoek Technikon waar sy voedseldiensbestuur aangebied het.

“My ma het tot op 84 gewerk en op 85 opgehou bestuur. Nadat sy op 90 jaar geval en haar heup gebreek het, kon sy nie meer op haar eie bly nie.”

Lyzette se broers is almal al oorlede, maar die meerderheid van Ouma Meisie se nege kleinkinders, 13 agterkleinkinders en een agter-agter kleinkind is nog in die Vaaldriehoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button