Kom ‘rock’ saam vir ‘n goeie doel
VEREENIGING - Dagboek nou reeds 30 November want dit gaan groot pret wees vir 'n goeie doel.
Verskeie kunstenaars gaan by die Singles Pub and Grill optree as deel van ‘n fondsinsameling vir Jerry Fowlds, oud-onderwyser, wat mediese hulp benodig.
Van die bands sluit in, Afrikaanse alternatiewe blues rock band 3Hoek, Johnnie Takbok, Jaco Drotschie, Keep Guessing, RNK en DJ Jaco.

“Ons het ‘n paar ander kunstenaars ook gekontak, maar as enigiemand ook wil kom optree is julle welkom om my te kontak by 076 405 2631,” sê Werner, lid van 3Hoek.
Daar sal ook springkastele en allerlei stalletjies wees met eet en drinkgoed. Daar sal veilige parkering wees.
Hulle nooi uitstallers en mense met kosstalletjies om deel te wees van die dag.
“Kom sluit asseblief by ons aan. Dit is vir ‘n goeie doel,” vra Werner.
Vir navrae of besprekings, kontak 3hoekband@gmail.com
Ingang is R50 per persoon en gratis vir kinders onder 10.

