VANDERBIJLPARK. – Watertoevoer na SW5 is gestop om herstelwerk aan die waterlek op die hoek van Delius en Beethoven straat te doen.
Volgens die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se Kommunikasie-afdeling is technici tans besig om die omvang van die skade te bepaal en die nodige hulpbronne te kry om die waterlek te herstel.
Dit is nog onduidelik hoe lank die herstelwerk gaan neem. ‘n Gedeelte van Sullivan Straat op pad na Riverside Boulevard Winkelsentrum is ook toegesit en motoriste word gemaan om ‘n alternatiewe roete te vind.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
