Local newsNews
Drakies terug in Sasolburg vir Kersfees Konsert
Kaartjies verkoop soos soetkoek om Suid-Afrika se bekendste seunskoor te sien optree.
SASOLBURG – Die Drakensberg Seunskoor sluit hul 2024 Noël toer op 1 Desember af met ‘n vertoning in die Etienne Rousseau Teater.
Hierdie is die 42ste jaar wat die koor ‘n Noël toer doen en die Vaaldriehoek is bevoorreg om deel uit te maak van hul toerprogram.

Teatergangers kan weer ‘n vertoning van uitstaande gehalte verwag, van populêre Kersfees geïnspireerde koorwerk tot by komposisies uit Afrika.
Kaartjies kan by ertickets.com bespreek word en beloop R200 en R250 per persoon afhangende van die sitplek. Die vertoning begin om 15:00.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
