Matriekafskeid-kompetisie: So werk die stemmery
Plaaslike matrikulante het tot 15 November kans gehad om gratis aan die gewilde kompetisie (met verskeie spogpryse op die spel) deel te neem. Van Maandag word daar vir hulle gestem!

Inskrywings vir Vaalweekblad se The Incredibles: Matriekafskeid-kompetisie 2024 het gesluit.
Van die spogpryse sluit in: ‘n bootrit op Stonehaven se Aqua Lounge (vir ‘n groep maats), verblyf in die Emerald Resort Hotel (waarde sowat R13 000), Stonehenge, en ‘n fotosessie met ‘n profesionle fotograaf.
Al die deelnemers wat wel ingeskryf het, se foto’s gaan Maandagoggend op Vaalweekblad se Facebookblad gelaai word.
Daarna sal die deelnemers kans kry om hul foto’s te like en share om stemme te win.
Stemkans sal wees van Maandag, 25 November tot Dinsdag, 3 Desember om 23:00.
Die top 20 seuns en top 20 dogters sal daarna bepaal word deur die hoeveelheid likes en shares wat verwerf word.
Al die finaliste sal dan in die uitgawe van Vaalweekblad, 6 Desember gepubliseer word.
Die seuns- en dogters-wenners sal in die uitgawe van 13 Desember aangekondig word.
