Local newsNewsNews

Pryse op die spel vir Vaal-bruide

Vaalweekblad nooi plaaslike bruide wat hierdie jaar trou, of reeds die knoop deurgehak het, om aan ons Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem. Inskrywings is gratis en daar is soos altyd pryse op die spel.

As jy dus reeds hierdie jaar die knoop deurgehak het, wil ons graag jou inskrywing ontvang.

Stuur dus jou mooiste troufoto met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za

Al die inskrywings gaan deurlopend op ons webtuiste verskyn. Die bruidsjaar strek van Januarie tot Desember 2024.

So moenie huiwer om in te skryf nie, ons wil graag met julle spog.

Hier is nog een van die bruide wat reeds foto’s ingestuur het.

Al die inskrywings is op Vaalweekblad se webtuiste onder “Brides” te sien.

Ashley en Stephan Jacobs van Meyerton is op 5 Oktober getroud.
Leandrie en Brandon Fourie van Sasolburg is op 7 November getoud.
Liza-Marie en Francois Van Zyl van Vanderbijlpark is op 28 Junie getroud.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button