Local newsNewsNews

Valies by Bonnie Tyler-vertoning

Daar was heelwat Valies wat nie die kans laat verbygaan het om Bonnie Tyler lewendig op die verhoog te beleef nie. Daar was egter drie gelukkige Vaalweekblad-lesers wat dubbel-kaartjies na die vertoning gewen het.

Vaalweekblad het verlede week ‘n blitskompetisie in die koerant aangebied. Deelname was gratis en die drie gelukkige wenners was: Ben Marais, Melani Kruger en Rozelda Barnard.

Hulle was dus Sondag onder die duisende aanhangers wat die POP DIVAS vertoning by die SunBet Arena in Pretoria bygewoon het.

En die terugvoer sê alles: Dit was ‘n belewenis.

“Die show was baie lekker en ons het dit baie geniet,” het Melani laat weet.

“Dit was ‘n belewenis. Sou net gehou het daarvan om ‘n foto saam met Bonnie Tyler te kon neem,” was Ben se terugvoer.

“Dankie Vaalweekblad, dit was een great show,” het Rozelda beaam.

Die legendariese Walliese pop sangeres het die verhoog gedeel met internasionale ster Ellen Foley en van SA se top vroue sangers/groepe soos PJ Powers en BlackByrd om maar ‘n paar te noem.

Dirk en Rozelda Barnard by die Bonnie Tyler-vertoning verlede Sondagaand.
Ben en Malinda Marais sê al wat die aand beter kon maak was ‘n foto saam met Bonnie Tyler.
Melani Kruger was een van die gelukkige wenners wat die vertoning gratis kon bywoon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button