My Fair Lady gaan harte betower!
Kom geniet 'n onvergeetlike teateraanbieding en lieflike sang met orkesbegeleiding saam met VODS.
VEREENIGING. – Vaaldriehoekse liefhebbers van hoëgehalte musiekblyspele kry hierdie week ‘n geleentheid om ‘n uitmunternde produksie van My Fair Lady op eie bodem te beleef.
Groot opgewondenheid heers oor die Vereeniging Operatic and Dramatic Society (VODS) se komende aanbieding van dié geliefde musiekblyspel onder regie van die talentvolle Kimberly Kempkes. Gehore sal hulle kan verlustig in My Fair Lady se klassieke liedjies, onvergeetlike karakters en boeiende storielyn.
Die blyspel is gebaseer op George Bernard Shaw se Pygmalion en vertel die verhaal van Eliza Doolittle, ‘n Londense blommeverkoopster, wat deur taalkundeprofessor Henry Higgins in ‘n verfynde dame omskep word. Met ikoniese liedjies soos “I Could Have Danced All Night”, “On the Street Where You Live” en “Would’t It Be Loverly?”, sal hierdie roerende verhaal van liefde, identiteit en klas gehore beslis betower en laat saamneurie.
My Fair Lady is op Vrydag en Saterdag, 29 en 30 November, op die planke by die Hoërskool Drie Riviere se Johan van Rensburg-teater. Die gala-aand is om 18:30 op 29 November; ‘n middagvertoning word aangebied op Saterdag, 30 November om 14:00, en ‘n aandvertoning om 18:30. Kaartjies kos R200 (gala-aand), R50 (middagvertoning) en R80 (aand). Vir besprekings, kontak Alan Solms by 083 468 5970.
Kom geniet ‘n onvergeetlike teateraanbieding en lieflike sang met orkesbegeleiding saam met VODS. Bring gerus jou vriende, familie en almal wat van goeie musiek en storievertelling hou!
Foto’s: VODS-lede hard aan die oefen vir die produkte “My Fair Lady” wat binnekort in Vereeniging te sien sal wees. Moet dit nie misloop nie!





Die VODS-orkeslede skep ‘n oomblik asem tydens ‘n oefensessie vir My Fair Lady.


Kaartjies kos R200 (gala-aand), R50 (middagvertoning) en R80 (aand). Vir besprekings, kontak Alan Solms by 083 468 5970.
