Local newsNews

Nuwe winkelsentrum in die vooruitsig

Dinge is aan die gebeur op die hoek van Opperman en Prinsbergstraat in Vaalpark. Beslis iets vir Vaalparkers om na uit te sien.

VAALPARK – “Vaalpark Square, dag vier.” Dis hoe Gert Janse van Rensburg sy video’s op sosiale media begin. Dit bly dag vier, maar elke dag gebeur daar iets anders.

Gert is bekend vir sy unieke projekte in die Vaaldriehoek. Die keer is hy doenig in Vaalpark waar hy die Nederduits Hervormde Kerk se geboue en grond gekoop het.

In die bome is daar kleurryke ligte aangebring wat dadelik in die aand aandag trek.

“Dis vir die Kersfeestyd. Ons beplan om ook naby Kersfees ‘n Kersvader hier te hê vir so drie aande om geskenke vir kinders uit te deel,” vertel hy in sy “kantoor” – ‘n sementbankie onder een van die bome.

Hy verkies om buite te wees en geniet sy nuwe kantoor. Oor die planne wat hy het vir die ontwikkeling van die stuk grond op die hoek van Opperman en Prinsbergstraat is hy opgewonde.

“Vaalpark Square gaan hier verrys, met ‘n verskeidenheid van winkels. Selfs ‘n deurry waterwinkel. Dit sal ‘n eerste in Suid-Afrika wees,” beduie hy.

Gert beplan ook om onder andere ‘n raadskamer (boardroom) in die sentrum te hê wat deur enige organisasie of besigheid gratis vir vergaderings gebruik kan word.

“Ons sal ‘n toep hê waarop mense net vooraf die plek moet bespreek en dan kan hulle maar hul vergaderings hier hou. Dis my manier van teruggee vir die gemeenskap.”

Voordat al die bouwerk begin is hy eers besig om rondom die gebied gate in die pad reg te maak. Die straathoeke te verf en die grasperke in stand te hou.

“Ons wil bome op die middelman plant en blomme. Dit netjies maak. Ons wil die voorbeeld volg van Oom Fanie (de Jongh) in Vanderbijl. Hy is ‘n goeie voorbeeld vir die dorp.”

Met dit alles het hy een doel voor oë en dis om Vaalpark weer great te maak.

“Vaalpark se mense is besonders. My mense het in die week gate reggemaak en die straathoeke geverf en mense het net gestop en water en koeldrank gegee. Een het selfs vir die werkers worsbroodjies gebring. Dis lekker,” glimlag hy breed.

As alles volgens plan verloop sal die nuwe sentrum teen einde 2025 geopen word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button