Local newsNewsNews

Nog ‘n terugslag vir AMSA

Plaaslike staalbedryf onder groot fruk

VANDERBIJLPARK – Die beleerde ArcelorMittal SA (AMSA) wat jare reeds om oorlewing spartel se vooruitsigte is ‘n verdere knou toegedien met die aankondiging van ‘n “nuwe” mededinger in die mark.

Na wat verneem word, gaan SCAW Metals ‘n nuwe meule vir staalplate ter waarde van vyf-miljard-rand in Johannesburg oprig. Die meul is van die Italiaanse Danieli-groep verkry, wat toerusting en aanlegte aan die metaalbedryf verskaf.

SCAW Metals het twee derdes van die ontwikkeling gefinansier en die balans is deur ‘n groep finansiers verskaf. Daar word voorspel dat die projek jaarliks vier miljard rand se invoere van China sal vervang. Volgens SCAW metals gaan die aanleg weer binnelandse mededinging in staalplate tot gevolg hê.

Die mark was voorheen deur Mittal oorheers wat met aanlegte in Vanderbijlpark, Vereeniging en Newcastle gespog het. Amsa produseer jaarliks ongeveer twee miljoen ton plat produkte, en die mark voer sowat 600 000 ton in om in die vraag te voorsien. SCAW verwag produksie van 300- tot 500-duisend ton per jaar, wat innovering en beter volhoubaarheid vir die Suid-Afrikaanse staalbedryf beteken.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button