Local newsNews

Ons weet wat ons weet

Sushi. Vir party mense is dit vreemd, ander geniet elke dié lekkerny wat meer na kuns as kos lyk. Weet Primêre Skool Fonteine se juniors wat is sushi? Sal hulle dit eet?

Annabelle Vijloen Dis groen en baie ander kleure. Mense eet dit met chopsticks. Dis nie lekker vir my nie. Ek hou van noodles met tamatiesous en kaas.

Annabelle Viljoen

Khloe Labuschagne Dis kos waarvoor my ma baie lief is. Dit lyk soos dit (en sy beduie ‘n reghoekie in die lug), maar net gesny. Mens eet dit met jou hande. Ek het dit geëet toe ek ‘n baba was.

Khloe Labuschagne

Mahlatsi Ramotsoenynae Dis ‘n tipe kos. Dis in sirkels en gemaak van gaar vis. Ek het dit nog nie geproe nie, maar ek hou nie daarvan nie. Ek hou van Spur se kos.

Mahlatsi Ramotsoenynae

Rudolf van Dyk Dis ‘n ronde ding. Lyk soos ‘n silinder met vleis in en sous op. Jy eet dit met chopsticks. Ek eet sushi, dis lekker.

Rudolf van Dyk

Ryder Bester Dis uit vis gemaak. Dis rond met wit goed in die middel en swart kolletjies op. Jy kan dit met ‘n vurk of Chinese stokkies eet. Ek sukkel bietjie met die stokkies.  Ek hou van sushi, maar die wasabi het gebrand.

Ryder Bester

Mia Erasmus Dis vis wat rou is. Dis wit, swart, pienk en groen. Ek love dit. Dis moeilik om met chopsticks te eet. Toe ek klein was het ek gedink die wasabi is avo, toe vat ek ‘n groot hap. Dit het erg gebrand.

Mia Erasmus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button