Local newsNews

Reën kon Liggies nie stuit

Lewensligsentrum se inwoners se 4X4 dag was die jaar weer een vir die boeke.

VANDERBIJLPARK – Daar is lank uitgesien na 15 November. Die groot Lewenslig 4X4 dag.

Elke jaar trek Klippies Kritzinger borge en vriende saam om die verstandelik gestremde volwassenes van die Lewenslig Sentrum ‘n onvergeetlike middag te gee.

Om by die 100 boereworsrolle te maak is nie speletjies nie, maar Larochelle Human het met ‘n glimlag voortgewerk.

Hierdie jaar was dit nie anders nie. Die Lewensliggies het hul 4X4 rit baie geniet en die reën kon nie die entoesiasme demp nie.

Die gebraaide worsbroodjies was lekker, maar soos gewoonlik was die roomyshorinkies die lekkerste lekker.

Daar was wel ‘n hartseer ondertoon, want Oom Fanie Blignaut, Lewenslig Sentrum se stigterslid is ‘n rukkie terug oorlede. Klippies het dan ook 2024 se 4X4 dag aan Oom Fanie opgedra.

Al die vrywilligers wie ingespring het om te help wors braai, roomys skep en die Lewensliggies op die roete geneem het is dit eens, hulle het meer van die Liggies ontvang as wat hulle uitgedeel het.

Stadig maar seker het elke voertuig die 4X4 roete aangedurf terwyl die passasiers die mooi omgewing kon bewonder.

Klippies het na die tyd gesê: “My hart is vanoggend vol oor al die liefde wat ons ontvang het gister. Graag wil ek vir die Liggies dankie sê vir die voorreg wat ons gehad het om julle te kon bederf gister.

“Aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het, bid ek die Vader se seën op dit. Dankie Dankie Dankie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button