Local newsNewsNews

Toy Run 29 – dit was net wow!

Die motorfietse, die mense, die hope speelgoed... alles vir 'n goeie doel.

VANDERBIJLPARK – Dit het vroeg Sondagoggend al by die Dros se parkeerarea begin woel.

Wanneer die beer amper groter as jy is…

Honderde motorfietsryers het van oral gekom vir die 29ste Vaal Toy Run van die Centurions Vaal Motorfietsklub.

Die motorfietse het geblink in die oggendson en elkeen het ‘n spesiale vrag gedra… teddiebere en ander sagte speelgoed.

Henlu en Marlu Havenga se motorfiets het sommer baie speelgoed opgehad.

Langs die pad het inwoners gereed gestaan om die brullende skouspel te aanskou.

Die kleurvolle stoet met Kersvader heel voor het hul weg na die Centurions Klubgronde in Shakespearstraat gebaan.

Met aankoms is die bere, pakkies en ander speelgoed op die verhoog in die saal gepak. Die was binne ‘n halfuur oorlopens toe vol. Daar was sagte speelgoed van elke grootte en kleur.

Luvan Schalkwyk (2) op die motorfiets voor die groot Centurions Vaal Toy Run Mascot.

Buite het DJ Ben die musiek verskaf en die mense het oral onder gazebos gekuier. Die neerdrukkende hitte kon nie hul entoesiasme demp nie.

Leon Jacobs met die teddie wat hy spesiaal vir ‘n seuntjie gekoop het, want “seuntjies moet ook teddiebere hê.”

Van die bikers het eers hul bere nog rondgedra voordat hule ‘n ereplek op die verhoog gekry het. Rian Beeslaar van die Centurions MCC sê hulle was tevrede met die opkoms en die hoeveelheid speelgoed wat gekry is.

“Ons leer elke jaar en volgende jaar gaan dit nog beter wees,” het hy belowe.

Carol Blake-Zwarts het dit die beste op Centurions Vaal se Facebookblad vasgevang: “Dit was groot. Dit was mooi. Dit was suksesvol. Trots op julle bydrae tot ons minderbevoorregte gemeenskap.”

KP en Rina Barnard sê hulle motorfiets is al 44 jaar oud en doen steeds elke jaar die Toy Run.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button