Local newsNewsNews

Ek sê maar net… Buite speel soos in die ou dae

RUBRIEK - Lekker om te sien as die kleingoed nog sorgeloos kan speel, spring en avonture aanpak.

RUBRIEK – Sondag is ek by die Toy Run. Daar is ‘n magdom mense en waar daar nie mense staan nie, staan motorfietse.

Vir ‘n oomblik voel ek skoon alleen met my notaboek en kamera tussen die bonte skare.

Die gevoel gaan gou verby want twee treë verder begin ek mense sien wat ek of al mee onderhoude gevoer het, of afgeneem het vir die koerant.

Doen kort-kort die rondte van Vader Cloete om te kyk waar ek interessante foto’s kan neem voordat ek weer my sit by die eerstehulpstasie kry.

Nie om te help nie, net om te rus. Dis warm. Baie warm. Ek verstom my aan die kinders wat nog in die bloedige son genoeg energie het om rond te hardloop, te speel en te spring.

Anton Janse van Rensburg durf die warm glybaan aan. Foto: Gerda Bruinette

By die glyplank staan ‘n ligtekop seuntjie. Hy mik om af te gly. Dis een van daardie glyplanke wat silwer blink in die son.

Daai goed raak kokend warm. Vra maar vir enige een wat kind was voor 1990. Hy maak gereed om te gaan sit. “Is daai ding nie te warm nie?” die woorde is uit voor ek kon keer.

Seuntjie skud dadelik sy kop. Hy wil gly. Sy pa voel met sy hand op die metaal. Gaan sit dan self. “Nee,” keer sy mense wat staan en kyk, “hy kan gly, jy gaan vas sit.”

Boetie het intussen besluit al die gepratery is onnodig en hy skuif gemaklik reg en gly af.

Klik, klik maak die kamera in my hand. Sy naam is Anton. Hy is drie. Kan nie nou praat nie, hy moet weer teen die glyplank af.

Neffens die glyplank is daar ‘n paar kinders aan’t springe op die springkasteel. Vriendin Jacké se kleindogter trek my aandag.

Sy is ‘n Barbieprinses in pienk waar sy soos ‘n vinkie oor die springkasteel se reling hang. Min gepla deur die joernalis en die kamera.

Later keer haar ouma haar nader om saam met haar oom afgeneem te word op sy groot drie-wiel motorfiets. Sy hou baie van die idee.

Besef gelukkig die sitplek is eina-warm van die son en gaan sit kordaat op haar oom se skoot. “Dankie,” sê ek en sy draf weg om verder te gaan speel.

Besige enetjie. Nes haar ouma Jacké, want dié is bekend daarvoor dat sy altyd aan’t drawwe is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button