Local newsNewsNews

Stof jou Volla af vir Kersfees-optog

VANDERBIJLPARK - Stof jou Volla of enige VW-motor af want hier kom pret! Daar word weer op 14 Desember 'n prettige Kersfees-parade vir VW-eienaars beplan.

Na aanleiding van verlede jaar se groot sukses is daar besluit om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.

VW-eienaars word gevra om hul motors so mooi moontlik met Kersliggies en ander Kersfeesversierings op te jazz vir dié geleentheid.

Die Volkswagens het verlede jaar ‘n roete deur Vanderbijlpark tot in Vereeniging en terug gevolg.
Vanjaar gaan die roete so effens anders wees.

Die saamtrek begin om 18:30 in die Shoprite-parkeerarea oorkant HTS Carel de Wet in Vanderbijlpark.

Volkswagen-eienaars word genooi om hulle motors met Kersliggies te versier en die optog saam te geniet.

Dit sal deelnemers die kans gee om so bietjie met hul mooi motors te spog, en die publiek kans gee om die motors van nader te beskou en foto’s te neem.

Die optog begin om 19:30 in die ringting van die Barragepad, tot by Fred Drostepad. By die vierrigting sal daar na Olga Kirschstraat gedraai word (omstreek 20:30) en dan terug na die beginpunt in die parkeerarea.

Daar sal stadig gery word.

Dit is ‘n pret-geleentheid vir VW-eienaars en om die Feesseisoen te vier.

SKENK ASB. KOS AS JY KAN

Die organiseerders het dit goed gedink om ‘n plaaslike instansie te ondersteun.

Om die rede word deelnemers en toeskouers gevra om enige kat- of honde-kos, waspoeier, toiletpapier, speelgoed of komberse saam te bring wat aan die plaaslike DBV geskenk sal word.

Dit is nie verpligtend nie, maar sal hoog op prys gestel word en is vir ‘n goeie doel.

Vir enige navrae kan die organiseerder Chantall Nel gekontak word: epos CHANTALLN777@GMAIL.COM of WhatsApp 065 921 4806 (geen oproepe asb).

Die VW-optog was verlede jaar ‘n groot sukses en het deelnemers en toeskouers hope plesier verskaf. Foto: Elsje Vermeulen

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button