The Incredibles-finaliste Vrydag bekend gemaak
Die stemproses vir Vaalweekblad se The Incredibles: Matriekafskeid-kompetisie 2024 is afgehandel en die Top 20 seuns en Top 20 dogters word in Vrydag se Vaalweekblad (6 Desember) aangekondig.
Plaaslike matrikulante het tot 15 November kans gehad om gratis aan die gewilde kompetisie (met verskeie spogpryse op die spel) deel te neem.
Van die spogpryse sluit in: ‘n bootrit op Stonehaven se Aqua Lounge (vir ‘n groep maats), verblyf in die Emerald Resort Hotel (waarde sowat R13 000), Stonehenge, en ‘n fotosessie met ‘n professionle fotograaf.
Al die deelnemers wat ingeskryf het, se foto’s was sedert Maandag (25 November) op Vaalweekblad se Facebookblad gedeel, waarna die deelnemers en hul geliefdes die kans gehad het tot Dinsdag, 3 Desember om die foto’s te like en share.
Die Top 20 seuns en Top 20 dogters was deur hierdie proses bepaal.
Ons spog dus in hierdie week se uitgawe met die finaliste.
Die algehele seun- en dogter-wenners sal in die uitgawe van 13 Desember aangekondig word.