Local newsNewsNews

Parvo-virus breek uit in Sasolburg

Voorkoming is beter as genesing

SASOLBURG – Die Sasolburg Veearts het vandeesweek bevestig dat daar ‘n uitbraak van die gevreesde Parvo-Virus/Katgriep in Sasolburg is.

Diereliefhebbers en honde-eienaars word aangemoedig om seker te maak dat hul honde se inentings op datum is.

Baba hondjies en jong volwasse honde is veral vatbaar vir Katgriep. Hoewel ouer volwasse honde mettertyd ‘n weerstand teen die virus opbou is dit wys om elke 12 maande ‘n “booster” inspuiting te kry.

Die Parvo-virus seisoen begin gewoonlik in Oktober en eindig in Februarie, maar dit kan ook enige tyd van die jaar voorkom.

Honde wat met Parvo-virus besmet is, sal binne drie tot sewe dae na infeksie simptome begin toon.

‘n Besmette hondjie sal dikwels lusteloosheid toon, gebrek aan eetlus hê en ook dikwels koors hê. Soos die virus vorder, sal jou hond aan erge braking en diarree begin ly.

Erg siek hondjies kan ineenstort en ‘n hoë hartklop hê. Oningeënte honde se stoelgang skei miljoene deeltjies van die virus uit wat die grond penetreer en vir jare in die grond kan leef.

Honde wat nie ingespuit is nie loop op die grond en lek later hulle pote en sodoende word die virus ingeneem.

Al verlaat jou hond nie jou erf nie kan die sool van jou skoen dit ook oordra van ‘n ander plek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button