Twee Alternatiewe Rock konserte in een naweek
Lief vir Rock musiek en Rock in Afrikaans? Moenie dié vertonings misloop nie. Lees meer...
VANDERBIJLPARK – Aanhangers van alternatiewe Rock in Afrikaans en in Engels is in vir ‘n groot lekkerte.
Vrydagaand, 6 Desember word daar in Afrikaans gerock by Cock & Bull Pub in die Heritage Village. Rock geesdriftiges kan saam met Middelblad (19:00), Die Hede (20:00), en Mensdom (21:00) die aarde laat bewe. Toegang is gratis.

Saterdag word Alternatiewe Desember verder geneem met ‘n groot Alternatiewe Rock aand in Meyerton. Die eerste note gaan om 16:00 by Gecko’s gehoor word.
Toegang beloop R50 per persoon en die groepe wat gaan optree is Die Hede, Diverted Disorder, Tavern Priest en LunAE Lane.

Die vertoning is kindervriendelik en daar sal springkastele by Gecko’s wees. Hardy Mill wat die vertoning organiseer sê die musiek industrie in die Vaaldriehoek lê hom na aan die hart en hulle gaan in die toekoms meer sulke geleenthede reël.

