Local newsNewsNews

Besige Bytjies kry hul eie byekorf

2025 gaan 'n groot jaar wees vir die graad RR-leerders en onderwysers van die Laerskool Kollegpark. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Die projek was ‘n paar jaar in die pyplyn. Dit het baie beplanning, finansiële berekeninge en maande se werk geneem, maar 26 November het die groot dag uiteindelik aangebreek.

Kollegepark se eie Kolbee het ook kom inloer om te sien hoe lyk die Besige Bytjies se nuwe klaskamers.

Mnr. Coenie Herbst, hoof van die laerskool Kollegepark het die lint geknip en die graad RR kant van die skool oop verklaar.

Die Besige Bytjies, soos die graad RR’e bekend staan, spog nou met splinternuwe groter klasse, baie speelplek, store en selfs ‘n kombuis.

By die opening was dit duidelik die Bytjies gaan hul nuwe sandput baie geniet terwyl hul juffrouens nie kan wag om hulle nuwe klasse behoorlik in te rig voor die skole oopmaak in 2025 nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button